Lees Meer/Read More

Parvovirus Infeksie in honde.

Die hondeparvovirus infeksie is ‘n hoogs aansteeklike virale siekte wat honde raak. Die virus manifesteer hom in twee verskillende vorme. 

1. Die meer algemene vorm is in die derms, wat gekenmerk word deur braking, diarree, gewigsverlies en gebrek aan aptyt (anorexia). 
2. Die minder algemene vorm is in die hart wat die hartspiere van fetusse en baie jong hondjies aanval en dikwels tot die dood lei.

Die meeste gevalle word gesien by hondjies wat tussen ses weke en ses maande oud is. Die voorkoms van parvovirus infeksies kan verhoed word deur vroeë inenting by jong hondjies.

Vir meer inligting, kontak gerus:
Die Ark Dierekliniek
Versterstraat 7
Paarl

Tel:021-2240020/1