Lees Meer/Read More

Slegte Asem by Troeteldiere

‘n Stink asem of halitosis by ‘n troeteldier is gewoonlik ‘n teken van mond- of tandvleis siektes.

Dit word veroorsaak deur plaak,  aanpaksels en bakterieë wat rooierige, ontsteekte en dikwels bloeiende tandvleis veroorsaak. Voedseldeeltjies wat na maaltye in die mond bly, kan ‘n broeiplek vir bakterieë word en vinnig plaak vorm, ‘n onsigbare laag op die tande.

6 Stappe om jou troeteldier se mond en tande gesond te hou:

  1. Neem jou troeteldier jaarliks vir ‘n tandheelkundige ondersoek by ‘n veerarts. 
  2. Borsel jou dier se tande gereeld.
  3. ‘n Goeie gebalanseerde dieet en die regte kos is belangrik vir jou hond se higiëne en gesondheid.
  4. Vermy lekkers, taai en ongesonde peuselhappies..
  5. Vermy harde bene wat jou troeteldier se tande kan besadig.
  6. Belê in tand-vriendelike speelgoed vir jou troeteldier 

Hoe om jou troeteldier se tande te borsel:

Vir meer inligting, kontak gerus:
Die Ark Dierekliniek
Versterstraat 7
Paarl

Tel: 021-2240020/1