Menige troeteldiere raak oor die feesseisoen verlore en vind nie weer hulle pad terug huistoe nie.
Troeteldiere behoort met ’n mikroskyfie gemerk te word, en as hulle ’n naamplaatjie met jou telefoonnommer en adres op aan het, kan dit vir jou makliker wees om met jou troeteldier herenig te word. Naamplaatjies kan egter verlore raak, dus is ‘n mikroskyfie ‘n veiliger en sekerder opsie.
Mikroskyfies is die beste manier vir die DBV, maar ook veeartse, om troeteldiere met hulle families te herenig.
Die DBV en veeartse hou rekord van diere en hulle eienaars via die mikroskryfies en so word die proses om die familie op te spoor baie vergemaklik, aangesien die DBV en die veearts toegang tot die data het. Maak dus seker dat jou kontakbesonderhede op datum is.
Kontak gerus Die Ark Dierekliniek vir meer inligting rondom mikroskyfies vir jou troeteldiere.
Die Ark Dierekliniek
Versterstraat 7
Paarl
7646
Tel: 021-2240020/21