Lees Meer/Read More

Ouerdom en katte

Foto: Alexandru Zdrobău – Unsplash

Wanneer katte ouer word begin hulle dikwels tekens toon van verlangsaming.

Hulle kan minder aktief en selfs slaperig wees, en kan ook minder geneig wees om te spring of te klim. Ouer katte is ook dikwels geneig tot gewigstoename, maar in sommige gevalle kan ouer katte gewig verloor.

Sommige van hierdie veranderinge kan bloot wees as gevolg van u kat wat minder energie het, maar dit moet nie bloot geïgnoreer word nie. Hierdie simptome kan tekens wees van ‘n ernstige onderliggende gesondheidstoesand en moet met u veearts bespreek word.

Vir meer inligting kontak:

Die Ark Dierekliniek
Versterstraat 7
Paarl
7646

Tel: 021-224 0020/21

#katte #ouderdom #diearkdierekliniek