Lees Meer/Read More

Seisoenale Allergieë

Fotokrediet : Weskaap Toerisme

Die lente is amper hier en die meeste van ons, ons troeteldiere ingesluit,  is opgewonde oor die gedagte van warmer weer en meer tyd in die buitelug.

Maar die verandering in seisoen lei ook tot hooikoors en ‘n jeukerige vel nie net vir ons nie, maar ook vir ons troeteldiere.

Indien jou troeteldier jeuk gedurende die lente, is dit waarskynlik ‘n reaksie op seisoenale allergene. Anders as mense, kom allergieë by troeteldiere dikwels voor as velirritasies en word gewoonlik veroorsaak deur stuifmeel en ander allergene.

Vergemaklik die gejeuk deur jou kat of hond gereeld te bad met ‘n sagte hipo-allergene sjampoe wat ‘n kalmerende bestanddeel bevat.

Gesels met jou veearts indien die irritasie voortduur, aangesien dit ‘n alternatiewe behandeling mag verg om van die irritasie ontslae te raak.

Kontak gerus Die Ark Dierekliniek vir meer inligting of vir ‘n konsultasie.

Die Ark Dierekliniek
Versterstraat 7
Paarl
7646

Tel : 021 – 224 0020 

Epos: info@diearkdierekliniek.co.za