Lees Meer/Read More

Hondsdolheid

Hondsdolheid, is ‘n dodelike virus wat in diere soos honde asook die mens voorkom. Die virus word in speeksel uitgeskei en tas die senustelsel aan.

Jou troeteldiere en ander huisdiere kan besmet word wanneer hulle deur wilde diere met hondsdolheid gebyt word. Die virus word deur die byt van ‘n dier met hondsdolheid aan die mens oorgedra. Alle besmette diere is gevaarlik.

Troeteldiere word deur ‘n veearts ingeënt om te verhoed dat hulle hondsdolheid kry en dit aan mense oordra.

Maak seker dat jou troeteldiere teen hondsdolheid ingeënt word.

Besoek gerus Die Ark Dierekliniek, Versterstraat 7, Paarl 7646. 
Tel: 021 224 0020/1
Ma-Vr 08:00 – 17:30, Sat 09:00-12:00