Lees Meer/Read More

Groot of klein …

Foto deur Jorge Gardner,  Unsplash

Die Deense hond, ‘n saggeaarde reus van Duitsland is die GROOTSTE hond en die Chihuahua, ‘n op en wakker piepklein hondjie,  die KLEINSTE hond ter wêreld.

Groot honde hou van stap en het baie spasie en oefening nodig,  terwyl medium grootte honde minder spasie nodig het maar ook gereeld moet gaan stap. Kleiner hondjies het die minste spasie nodig, maar hou baie daarvan om te gaan stap.

Honde hou van rol, veral in goed wat stink! Hulle tonge hang uit omdat hulle moet hyg om af te koel wanneer hulle warm kry en hulle sweet deur hulle pote.

Honde is mal oor speeltyd en is net so slim soos tweejarige kinders.

Selfversekerde en spelerige hondjies is dikwels makliker om te versorg as skaam hondjies.

Kies dus ‘n hond of hondjie wat by jou en jou gesin pas.

Vir meer inligting kontak:

Die Ark Dierekliniek
Versterstraat 7
Paarl
7646

Tel: 021-224 0020/21

#groothonde #kleinhonde #dieregtehond #diearkdierekliniek