Lees Meer/Read More

Dinge kan soms te veel raak vir jou hond

Foto: Anna Dudkova – Unsplash.com

Honde-depressie is soortgelyk aan die wat ons as mense ervaar. Daar is allerhande maniere om te weet of iemand depressief is. Hulle kan bevoorbeeld ophou eet – of meer eet om die pyn uit te doof. Daar is ‘n goeie kans dat hulle in die algemeen sal begin onttrek deur vriende en familielede te vermy.  Hulle voel dood eenvoudig nie lekker nie.

Honde het ongelukkig nie hierdie opsie nie, maar dit beteken nie dat hulle nie hartseer of selfs depressief kan voel nie.

Sommige verhale lyk meer voor die hand liggend, soos dat ‘n hond skielik baie lusteloos is, baie slaap of selfs wegkruip. 

Algemene tekens van depressie by honde:

Eetlusveranderings

As sommige honde uiters hartseer is, verloor hulle belangstelling in kos en verloor hulle  dan dikwels ook gewig. Alternatiewelik is daar honde wat kos as ‘n soort troos gebruik as hulle depressief is en meer wil eet, wat tot gewigstoename lei.

Slaap heeltyd

Honde slaap baie. Dis ou nuus. Maar gewoonlik gebeur dit bedags wanneer hulle eienaars weg is. As jy heeldag by die werk was en by jou tuiskoms jou hond steeds bly slaap is daar ‘n moontlikheid dat iets nie reg is nie.

Verlies van belangstelling

Let daarop as u hond skielik minder belangstel in speel, stap of ander dinge wat hom of haar normaalweg opgewonde sou maak.

Pootlek

Oormatige lek of kou kan gewortel wees in fisiologiese of sielkundige probleme. Depressiewe honde sal dikwels hul pootjies lek of kou om hulself te kalmeer.

Vermyding en wegkruip

Honde wat skielik wegkruip of alleen wil wees, gedra hulle so omdat iets hulle pla. As dit nie fisies is nie, is dit waarskynlik emosioneel.

Vir meer inligting kontak:

Die Ark Dierekliniek
Versterstraat 7
Paarl
7646

Tel: 021-224 0020/21

#depressie #honde #diearkdierekliniek